• Wenkem Maatskappy Profiel

    Profiel

    Wenkem Maatskappy Profiel

Maatskappy-Agtergrond

Wenkem Building

Op 1 Augustus 1988 is die maatskappy Wenkem SA gestig deur 'n groep bekendes in die chemiese bedryf, o.a. die uitvoerende voorsitter destyds, Mnr Willem van der Merwe. Hierdie maatskappy het ten doel gehad om onbeperkte geleenthede te skep vir die boer, entrepreneur en besigheidsman. Op daardie stadium was Wenkem die alleenverspreider van 'n beperkte reeks plaagbeheerprodukte met sy eie identiteit in eksklusiewe gebiede.

Wenkem is ook bevoorreg om na meer as 25 jaar in die verspreiding van 'n volledige reeks landbouchemiese produkte in Suid-Afrika en sekere buurlande, steeds 'n leiersposisie in die mark te beklee. Die maatskappy het destyds begin met slegs 9 stigterslede, en het die afgelope 25 jaar gegroei tot meer as 'n 100 landbouchemiese agente wat onderskeidelik werksaam is vanaf ±73 depots in al nege provinsies.

Kwaliteit gewasbeskermingsprodukte van die verskaffer was en is nog steeds die basis vir voortgesette groei deur die maatskappy, veral met inagneming van persoonlike wisselwerking tussen die kliënt, agent, produkverskaffer en Wenkem-Span.

Daarom heg die maatskappy waarde aan elke rolspeler na die hoogste vlak, want dit is die rede vir Wenkem se vooruitgang en sukses tot op hede.

Wenkem se Visie

Om die toonaangewer te wees van hoë gehalte en toegevoegde waarde gewasbeskermingsoplossings (d.w.s gewasbeskermingsprodukte plus ondersteunende dienste) aan die boerdery-gemeenskap in Suid-Afrika deur middel van 'n toegewyde netwerk van verskaffers en verwante verkoopsagente.

Maatskappy-struktuur

  • Lex Visser, ons Besturende Direkteur asook die Streeksdirekteur vir die Wes-Kaap, Oos-Kaap en gedeeltes van die Noord-Kaap wat by die maatskappy is sedert 1990.
  • Paul du Toit, ons Nasionale Finansiële Direkteur wat by die maatskappy is sedert 1999.
  • Johan Hyman, ons Nasionale Kommersiële Direkteur, wat by die maatskappy aangesluit in Januarie 2015 en in Januarie 2017 as Nasionale Kommersiële Direkteur aangewys is.
  • Peter Zeier, ons Nasionale Tegniese Direkteur, wat aangesluit het by die maatskappy, September, 2010.
  • Johan Labuschagne, die Noordelike Streeksbestuurder, wat by die maatskappy is reeds sedert Desember 1988.
  • Hardus Jansen van Vuuren, ons Tegniese Bemarker in die Wes-Kaap sedert Maart 2012.
  • Olivier Slabbert, ons Streeksbestuurder vir Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap, wat by die maatskappy is reeds sedert Januarie 2013.

Lex Visser - Besturende Direkteur / Streeksdirekteur - Suid
Lex Visser

Besturende Direkteur / Streeksdirekteur - Suid

  • Hardus van Jansen Vuuren

    Tegniese Bemarker
    Suid

Johan Hyman

Kommersiële Direkteur -
Nasionaal

  • Olivier Slabbert

    Streeksbestuurder
    Sentraal

  • Johan Labuschagne

    Streeksbestuurder -
    Noord

Peter Zeier

Tegniese Direkteur -
Nasionaal

Paul du Toit

Finansiële Direkteur -
Nasionaal

  • Administratief & Finansieël

    23 Personeel

Personeel

Administratiewe Klerk

Thespinn de Klerk

Boekhouer

Marele Lubbe

Kredietkontroleur

Ellen Muller

Krediteure Klerk

Sarah Noppe

Krediteure Klerk

Lizelle Hanekom

Finansiële Rekenmeester

Nicolaas Smith

Debiteure Klerk

Denise Booyens

Ontvangsdame

Leanie Fourie

Aankopers

Christa Holtzhausen – KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Swaziland

Marie van Wyk – Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Noord-Kaap

Karel Schutte – Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap

Voorraad & Stelselkontroleurs

Jana Maree – KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap

Theresa Koen - Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en Noord-Kaap

Transito Depot Administrateurs

Hannes Venter en Lydia Klopper - Clayville

Annelize Terblanche – Letsitele

Magda Hamann - Lichtenburg

Magda Coetzee - Paarl

Marinda Lombaard - Port Elizabeth

Wat maak ons anders

  • 'n Nasionale verspreidingsnetwerk van meer as 'n 100 gekwalifiseerde verkoopsagente wat werksaam is uit ±73 depots landswyd.
  • Sterk verhoudings met gevestigde verskaffers.
  • Visioenêre span en sterk bestuur.
  • 'n Persoonlike verhouding met ons kliënte.
  • 'n Mededingende produkreeks.
  • Ondersteuning en op tyd dienslewering.
  • Jare van kundigheid en wat goed gevestig is.
  • Kennis en ervaring.
  • Lojale en toegewyde personeel.
Ons kliënte is die Boer, die Entrepreneur, die Sakeman: die hoof-voedselverskaffer vir almal.